Jaarboeke

Navorsingsverslag: Antieke kultuurstudie 724


 
Modulekode AKG 724
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud Daar word van studente verwag om 'n duidelik gedefinieerde navorsingsvoorstel oor 'n tema van hulle eie keuse binne een van die navorsingsvelde/navorsingsprojekte in die departement te formuleer. Die voorstel moet 'n duidelike verstaan van die verskillende komponente in die navorsingsproses weerspieël (die identifisering van navorsingsprobleem, formulering van 'n hipotese, keuse van 'n geskikte navorsingsbenadering, formulering van duidelike navorsingsdoelwitte, keuse en toepassing van 'n geskikte navorsingsmetode). Die navorsingsvoorstel moet studente se vertroudheid met verskillende navorsingsmetodologieë wat gebruik kan word om die Antieke Wêreld te ondersoek, duidelik weerspieël.
Modulekrediete 30.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Departement Moderne Europese Tale
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences